Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Styl en funksie • Dié onthaalareas – groot én klein – wys watter verskil slim ontwerp en aandag aan detail kan maak.
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
’n Tuiskoms vir twee swerwers • Op 50 het die Droomers besef hulle het nog nooit ’n huis besit nie. Sestien jaar later is hulle eerste eie woonplek ’n ode aan Modernistiese argitektuur en tydlose styl.
’N KWESSIE van balans • Dié gesinshuis by die see is heerlik ontspanne en vol verskillende lae – en die ruimtes is terselfdertyd prakties én ’n fees vir die oog.
Familiesake • Met twee ouers in die kombuisontwerp-bedryf het Kendal Prins geweet hoe om ’n balans tussen vorm en funksie te vind terwyl hulle ’n verouderde meenthuis opknap.
LAAT JOU HUIS jou storie vertel • Stap deur die dekorstilis Karin Orzol se dinamiese, sielvolle tuiste en kry inspirasie om jou kosbaarste hartsgoed deel van jou dekor te maak.
Kom saam winkels toe!
HIER’S ONS TOP-9! • R120 000 in kontant kan gewen word in ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie in samewerking met Gelmar. Ontmoet ons finaliste vir 2025.
Pophuis-mooi • Met die hulp van die dorp se dekorghoeroe het die kreatiewe Coetzees ’n Swellendamse erfenishuis vernuwe en in sjarmante gasteverblyf omskep.
’n Blosende skoonheid • ’n Outydse buffet kry ’n kleuropkikkering – op meer as een manier!
Vra die kenners • Het jy inspirasie nodig vir ’n kleurryke kombuisopknapping, of wenke oor hoe om algemene dekorfoute te vermy? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek
BLOKRAAI #189
’n begin Nuwe • Nadat sy lank ’n groot plaastuin gehad het, moes Hanli Smuts vinnig leer om ‘kleiner’ te dink in haar nuwe tuin.
Pienk en perfek • Nie eens beperkte plantplek en hoë mure kon keer dat hierdie piepklein tuin in ’n hemelse toevlugsoord omskep word nie.
Soet, sappig, somer • Eet die reënboog en vier die sonskynseisoen van perskes, bessies, kersies, mango en meer!
Eiervrugstapels • Ons weergawe van parmigiana, ’n geliefde oondgebakte eiervrug-tamatie-en-kaasgereg uit die suide van Italië, gaan selfs die vleiseters laat vra vir nog!
Slaai is op die tafel!
Kos & drank
Op Krismiskrukke die nuwe jaar in • Die wonder van Kersfees gooi soms langbeenstories die lewe in, skryf Karin Brynard.