Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Mik vir die horison
AGTER DIE SKERMS • Gereelde Weg-lesers sal die naam Helen Fraser ken. In hierdie uitgawe vertel dié afgetrede kommunikasiespesialis in haar rubriek op bl. 32 hoe stedelinge se waaksaamheid tot komiese insidente op die platteland kan lei.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za
KYK HIER!
KORTLIKS
Jolige Jozi • Die skrywer en fotograaf Heather Mason woon in Brixton, Johannesburg, en soek gedurig na ongewone doendinge in en om dié mengelmoesstad. Johannesburg word dikwels oorgesien as ’n toerismebestemming, maar het jy al van dié lekker plekke gehoor?
BOEKE EN MUSIEK
Peter Slingsby • Dié geliefde kartograaf en skrywer se mees onlangse pennevrug is ’n omvattende gids tot die Sederberg. Danksy gereelde besoeke die afgelope 70 jaar ken hy die streek se voetpaaie, agterpaaie, inwoners én hulle uitdagings maar alte goed. Cederberg – The Book bied ’n volledige oorsig van dié bergwildernis se verlede, die natuurlewe en bewaringskwessies. Dit alles is vervleg met persoonlike belewenisse, humoristiese staaltjies en mooi kleurfoto’s.
Ouma is AWOL • ’n Sorgelose fietsrit op ’n Karoo-grondpad het onverwags in ’n ligte botsing met die gereg ontaard. Helen Fraser vertel.
Word een met die bos • Wanneer ’n mens deur die digte, inheemse woude van die Amatolaberg in die Oos-Kaap stap, besef jy opnuut: Iets binne-in jou hoort hier.
Uit die Bovenste rakke • Die dorpies Waterval Boven (deesdae Emgwenya) en Waterval Onder in Mpumalanga het al beter dae gesien. Maar hier op die rand van die Drakensbergplato met diep valleie in alle rigtings, is die omgewing nog net so mooi soos altyd. Kom kamp, kuier en (rots)klim by een van dié ses blyplekke.
Tonnel van verandering • Aan die suidelike oewer van die Gariepdam dui ’n tamaai betonstruktuur die beginpunt aan van ’n 82 km lange tonnel wat die landskap van die Suurbergplato en groot dele van die Oos-Kaap 50 jaar gelede onherroeplik verander het.
MENSE SE LENSE • Ons plaas in elke uitgawe van die beste lesersfoto’s op hierdie bladsye. Stuur joune vir Toast Coetzer – dalk bespreek hy jóú foto!
Die foto van ’n leeftyd
Lus vir steak? • Oor die kole, in die pan of selfs in die lugbraaier – dié steakresepte is vinnig maar geurig!
Ontwerp vir avontuur • Swede is ’n koel plek, bekend vir innoverende ontwerpe, argitektuur en Eurovision-popgroepe. Boonop bou hy van die wêreld se veiligste motors en dodelike vegvliegtuie. Dis ook die tuiste van Thule, vervaardiger van hoëgehaltebuitelugtoerusting. Elke tweede jaar hou die maatskappy ’n groot partytjie genaamd THEX, en Weg het ’n eksklusiewe uitnodiging gekry om te sien wat vir die toekoms beplan word.
Die laaste hoera! • Toyota stel vanjaar ’n splinternuwe Hilux bekend, maar om die uitgaande een behoorlik te vier, is ’n spesiale weergawe – die Legend 55 – vir oulaas einde verlede jaar uitgereik. Pierre Steyn het sy eie partytjie gehou deur een op ’n padvakansie van meer as 4 000 km deur Namibië te bestuur.
STAP SAAM • CRADLE MOON LAKESIDE GAME...