Hierdie boek beeld die unieke interaksie tussen mens en en dier uit in 'n dorp waar die diereryk eerste kom en waar die mens hom daarby moet aanpas.
Lees van olifante wat 'n buffel te hulp snel; 'n babasitter vir jong leeus; hoe jy 'n reënboog kan bewaar; hoe 'n vlakvark haarself as vredemaker openbaar; hoe 'n leeuvangs 'n huistransaksie beklink; en hoe 'n paddatjie vir 'n alarmstelsel se gepiep moet boet.