Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Niks met musiek to doen nie. Net met Wraak

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available

Dis die stil mense waarvoor mens versigtig moet wees.

Lanthus se wêreld het sopas tot 'n einde gekom. Afgelê na sewentien jaar by een maatskappy. Sy huislewe is 'n ramp. Sy oordonderende vrou en twee tieners sien hom skaars raak. Lanthus is moeg daarvan om onsigbaar te wees. Hy het sy beste jare opgeoffer, net om eenkant toe gegooi te word en plek te maak vir jonger, knapper aktuarisse wat nie die helfte so briljant soos hy is nie. Vir die eerste keer is Lanthus nie van plan om dit net te laat gaan nie.

Na nóg 'n bakleiery met sy vrou storm hy af na die naaste kroeg toe en na 'n paar kappe te veel, ontmoet Lanthus 'n man wie hom laat besef dat wraak presies die ding is wat hy nodig het. Hy bedink 'n plan wat hom sal neem van die onsigbare verdrukte man na die man wat Eastland Versekering op sy knieë sal bring. Vir die eerste keer in jare is Lanthus weer opgewonde; indien die plan reg uitgevoer word, sal dit in die geskiedenisboeke opgeteken word en die wêreld wys wie hy werklik is.

Met sy span bymekaar, begin Lanthus die fynere besonderhede van sy monumentale plan uitwerk. Die kuberkraker, die waaghals, die plofstofkenner en die akrobatiese paar het almal die spesiale vaardighede wat Lanthus benodig om die mees gewaagde kordaatstuk uit te voer wat die wêreld nog ooit gesien het. Maar die oomblik toe hulle die plan begin uitvoer, begin die polisie snuf in die neus kry en is warm op hul spoor.

Kan Lanthus dit vir lank genoeg bymekaarhou om sy meesterplan uit te voer sonder om gevang te word? Het hy die waagmoed wat dit neem om 'n multimiljoen dollar maatskappy op hul knieë te bring? Kan hy uiteindelik die heldhaftige pa word wat sy kinders (en hopelik vrou) sal verafgod?

Kry jou kopie van Garage Bende vandag en vind uit! Dis geestig, waaghalsig, sarkasties en vermaaklik en sal jou op jou tone hou terwyl jy jaag na die laaste bladsy toe.

"Dialoog het my in stukke gehad. Hoewel ek nie kon wag tot die einde nie, wou ek nie hê dit moet eindig nie. Vol kwinkslae, deurgaans sarkasties en selfs sielsverkwikkend"

-Robyn (The Blityering Bibliomaniacs)

"Al ooit 'n kreatiewe genie ontmoet? Adam Alexander verdien die applous wat lesers vir Garage Bende sal gee."

-Reader's Favourite

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans

Loading
OverDrive service is made possible by NOBLE member libraries and the Massachusetts Board of Library Commissioners with funding from the Institute of Museum and Library Services and the Commonwealth of Massachusetts.